Dood.
Hoekom?
Het ek haar ...?
Dood.
Hoekom!
Het sy self ...?
Dood.
Hoekom?
’n Storie van ’n sterfte, lewe en mense, met ʼn knerts whisky.
Jy word uitgenooi om meegevoer te word op ’n stuk lewensreis, soos beskryf deur die seun van ’n vrou.
Onthul as ‘n pragtige- en talentvolle argitekstekenaar, kunstenaar, gade en ‘n ma van twee. In haar soektog na vrede?, liefde?, is sy gebreek op onheilspellende rotse, vlak onder die oppervlak van ’n goudgeel oseaan, oor drie stormagtige dekades.
Die verhaal ontvou in drie dele:
Waldo Leroux begin met ’n helder, emosiebelaaide vertelling van sy ma, Anita, se dood op 27 Desember 1999, asook die maande in aanloop tot en ná afloop van daardie dag.
Hierna word die horlosie teruggedraai om ’n selfsoekende en -ondersoekende reis te onderneem deur sy lewe as sy ma se seun. Hy diep kristalhelder herinneringe van pyn en plesier op, van so ver terug as sy voorskoolse jare. Stap daarna deur sy skool- en vroeë werksjare in aansluiting by die eerste hoofstuk.
Laastens deel Waldo sy interessante ontmoetings en verhoudings met sommige alkoholiste en ander dronk mense. Hy sien deur die geraas geskep deur hul mot-om-’n-kers gedragspatrone en ontdek hul doodgewone, beeldskone menslikheid.
Die boek sluit af: Waldo ontmoet en groet vir Anita in ʼn persoonlike brief.
29 Augustus 2014
BLOEMFONTEIN

Confessions Of An Alcoholic's Son ('N Afrikaanse Verhaal)

Product Details
BN ID: | 2940044409897 |
---|---|
Publisher: | Werner Schmidt |
Publication date: | 12/27/2012 |
Sold by: | Smashwords |
Format: | eBook |
File size: | 354 KB |
Language: | Afrikaans |